Orania Dieresorgsentrum

Die Orania Dieresorgsentrum is ‘n organisasie gestig deur vrywilligers in die gemeenskap van Orania en word geondersteun deur die Dorpsraad. Die doel van die organisasie is om na die welsyn van ons diere in Orania om te sien, veral na die wat nie ‘n eienaar het nie.

Gaan gerus deur die webblad en kyk hoe jy, deur enige manier moontlik, ‘n verskil kan help maak!

Aannemingsnuus: Jack kort ‘n huis!

Hierdie pragtige volgroeide Jack Russel-reun, Jack, kort ń huis. Hy is nog nie gekastreer nie kort baie liefde en aandag. Kontak Johan Barnard by OVD by 082 378 1319 indien jy vir Jack wil aanneem

Aannemingsnuus: Wyfie kat kort huis!

Hierdie saggeaarde, liefdevolle wyfie kat kort ‘n huis! Sy is amper 2 jaar oud, gesteriliseer en al haar spuite is op datum Kontak Jomarie Vosser by 060 558 8136

Nuwe hondesalon in Orania!

Bubbles en Blaf hondesalonGranaatsteenstraat no. 158AWeeksdae17:30 tot 20:00 en Saterdae10:00 tot 14:00Kontak Dolleen Smuts (078 214 8054) vir ‘n afspraak